Go to Top

Alzu Petroport

Alzu Petroport

Oase van wild en winkels

Waar in die wye wêreld kan jy sit en wafels eet terwyl renosters en buffels net ’n hanetreetjie verder rondstap? Op geen ander plek as by die Alzu Petroport op die N4 nie!

 Besoekers aan Alzu Petroport kry altyd die geleentheid om die wilde diere, soos die buffels, renosters en kwaggas te sien. In die agtergrond is beide die eerste en tweede fase van die Alzu Petroport sigbaar.

Besoekers aan Alzu Petroport kry altyd die geleentheid om die wilde diere, soos die buffels, renosters en kwaggas te sien. In die agtergrond is beide die eerste en tweede fase van die Alzu Petroport sigbaar.

Die tweede fase van die Alzu Petroport is voltooi en dit is geen wonder nie dat hulle nou al tot 600 000 mense per maand trek by hierdie oase van wild, winkels en genoeg parkering langs ’n hoofroete!•Hierdie fase spog onder andere met ’n splinternuwe Nando’s – die eerste Nando’s op ’n nasionale roete.

Lindiwe Zimu en Zinhle Maisela is aan die stuur van sake by die Waffle Café.

Lindiwe Zimu en Zinhle Maisela is aan die stuur van sake by die Waffle Café.

Wat hierdie Nando’s uniek maak, is dat die hele restaurant aanpas by die wildtema met hout en aardse kleure.Teen die muur is ’n kunswerk met ’n renosterkoei en haar kalfie wat in die natuur stap.Die renosters is gemaak uit mosaïek wat stukkie vir stukkie saamgestel is deur leerlinge van Laerskool Rietkuil (’n skool in die omgewing). Die agtergrond is ’n voorstelling van Berg-en-Dal (in die Nasionele Krugerwildtuin). Hierdie kunswerkprojek is bestuur deur Art Afrique.

Me. Cornelia Viljoen (van Sausage Saloon) by die brons renosterbeeld.

Me. Cornelia Viljoen (van Sausage Saloon) by die brons renosterbeeld.

Reg voor die ingang van Nando’s staan ’n lewensgroot brons renoster om aan te pas by die renoster-tema by die Alzu Petro Port.Die welbekende beeldhouer, Vincent da Silva (van Stellenbosch) het die renoster gebou en die brons gietwerk kom vanaf die Bronze Edition Smeltery (ook van Stellenbosch).Volgens die Petro Port bestuurder, Johan van Rensburg, word alle fondse wat ingesamel word gestuur vir DNA navorsing en ’n databasis van renosters wêreldwyd. Alzu en die Universiteit van Pretoria het hande gevat om geld in te samel vir hierdie projekte. •Langs Nando’s is die gewilde Sausage Saloon wat bekend is vir sy verskillende uitsoek worssoorte. Veral die “Monster Manhattan” is ’n hoogtepunt vir buitelandse toeriste

Mnr. Marnus Bonsma (Groep finansiële bestuurder) langs die renosters wat met mosaïek gemaak is teen die muur by die nuwe Nando’s van die Alzu Petroport.

Mnr. Marnus Bonsma (Groep finansiële bestuurder) langs die renosters wat met mosaïek gemaak is teen die muur by die nuwe Nando’s van die Alzu Petroport.

Stap ’n mens af met die trappies, is dit weer die aardse kleure en hout wat jou laat voel of jy iewers op ’n wildsplaas kuier.•Die Waffle Café is die eerste van sy soort en is self ontwikkel deur die span van Alzu en bekende sjef Pieter Malan.Hierdie is nie maar net nóg wafels met iets lekkers op nie. Die wafels, met soet of sout vulsels, word voorberei en gegarneer vir die fynproewer.

Die besondere oopplan area by die Country & Outdoor winkel waar alle buitelewe klerasie en toerusting gekoop kan word.

Die besondere oopplan area by die Country & Outdoor winkel waar alle buitelewe klerasie en toerusting gekoop kan word.

•As die innerlike verfris is met ’n koppie geurige koffie en wafels, stap ’n mens aan na Country & Outdoor, ook ’n winkel wat deur Alzu se span begin is.•Country & Outdoor is spesiaal só ontwerp dat die persoon wat onderweg is op ’n uitstappie na die Laeveld en moontlik iets vergeet het, dit sommer maklik in die hande kan kry, aangesien buitelewe klerasie en toerusting beskikbaar is. Dit sluit alles van flitse tot kamptoerusting in.Hul klerereekse sluit in: First Ascent, Columbia (veral vir hengelaars), Details of Africa, Drimac, Sniper en die Alzu reeks (spesifiek vir deelname aan die Tour de Farm en Rhino Run). Bekende skoenhandelsname, Solomon en Merrel, is ook op die rakke beskikbaar. As openingsaanbod het die bestuurders van Country & Outdoor besluit om 10% afslag te gee op alle produkte en 25% afslag op alle Salomon drafskoene vir Middelburgers wat die advertensie met bypassende berig uit die Observer vir hulle bring! By die Country en Outdoor is daar ook kunswerke van plaaslike kunstenaar, Danie Smith, te koop. Buitelanders kan juwele, eie aan Suid-Afrika, hier aanskaf.

Mnre. Christiaan Kruger en Thanda Mdladla is die bestuurders by die nuwe Country & Outdoor.

Mnre. Christiaan Kruger en Thanda Mdladla is die bestuurders by die nuwe Country & Outdoor.

Met die bou van die tweede fase, is daar sommer ook ’n paar veranderings by die eerste fase aangebring.Die Appaloosa Spur is vergroot met nog 40 sitplekke en die kinderspeelarea sal binne die volgende drie weke spog met ’n ses en ’n half meter hoë glybaan wat die grootste van sy soort in Mpumalanga sal wees!•Soos elke persoon weet wat al voorheen by die Alzu Pertro Port gestop het, is dit hul wildlewe wat bydra tot die rustige atmosfeer. Vanuit elke restaurant, besigheid en die netjiese badkamers, kyk ’n mens uit op die wildsplaas wat wemel van renosters, buffels, elande, kwaggas, volstruise, emu’s, waterbokke, springbokke, rooihartbeeste en blesbokke. Besoekers kan ook in die amfiteater gaan sit om na die diere te kyk.

Mnr. Johan van Rensburg (bestuurder, Alzu Petroport) by ’n paar van die kunswerke van plaaslike kunstenaar Danie Smith, wat te koop is.

Mnr. Johan van Rensburg (bestuurder, Alzu Petroport) by ’n paar van die kunswerke van plaaslike kunstenaar Danie Smith, wat te koop is.

IMG-20140903-00219

Mnr. Van Rensburg sê dat hulle permanente gewapende wagte het wat hul wild, maar ook kliënte se voertuie, oppas.• Alzu se jaarlikse Rhino Run is op 6 September en die Tour de Farm op 8 November.

Alzu_Tourdefarm8112013-724x1024 Alzu_Rhino_run2014-724x1024
Please visit our News Page for more pictures of our 2013 events
ALZU Petroport N4 situated exactly halfway between Middelburg and Belfast, 35km from both, is the most convenient stop-over for any traveller, a comfortable rest-haven for the tourist and the trucker’s dream-stop. We have a full Spur for you to sitdown and enjoy a hearty meal while overlooking the beautiful wildlife we house on the premises. You can look out for the majestic Rhino of which we house six (6), fifty (50) mighty Buffalo, Zebra, Ostrich, Emu, Springbuck and other antelope.

Alzu219Alzu018Wilds

PLEASE NOTE the roadworks on the N4 at the Van Dyksdrift & Hendrina off-ramps, the off-ramps being enlarged and the extra lanes coming soon. No road closures and limited warning signs. For traffic/other updates follow us:

The number of rhinos poached since the beginning of 2014 has increased to 558, with 157 people being arrested for rhino poaching. The Kruger National Park continues to bear the brunt of rhino poaching in South Africa. Since January 2014, 351 rhinos have been poached in the Park.The number of rhinos poached in Limpopo this year has risen to 80, while 48 rhinos have been poached in KwaZulu-Natal, 37 in North West and 24 in Mpumalanga. South Africans and members of the international community are encouraged to report incidents of poaching and tip-offs to the anonymous tip-off lines 0800 205 005, 08600 10111 or Crime-Line on 32211.

Alzu219

Rhinoceros_3 Rhinoceros_2
See our Rhinos and other wildlife when you stop-over at ALZU Petroport N4